Ethiopië neem eerste stap na vrede

Ethiopië het die dominante party in Tigray van die lys van terreur-organisasie verwyder. Dit is ‘n belangrike stap vir die totstandkoming van ‘n tussentydse streeksregering ná twee jaar van burgeroorlog. Die Tigray Bevrydingsfront wat teen die einde van 2020 met ‘n gewapende stryd teen die Ethiopiese regering begin het, is in 2021 as terreur-organisasie verklaar. Die konflik is in November deur ‘n skietstaking beëindig nadat tienduisende mense dood en miljoene ontheem is.