Jongmense en werk in die energie-sektor in die soeklig in Johannesburg

Die tweede jaarlikse energieberaad oor jeug en billike energie-oorgangsgeleenthede begin vandag in die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg. Hierdie jaar se fokus is op die jeug se aktiewe soeke na ekonomiese geleenthede in energie-oorgang en die opkomende laekoolstof-energiesektor. Lwazi Ntombela van die Suid-Afrikaanse Jeug Ekonomiese Raad hoop die beraad sal die regering en die privaat sektor bymekaarbring in pogings om jongmense in die land te bemagtig: