Otji-moordbeskuldigde borgtog geweier

Die 31-jarige man wat na bewering sy 28-jarige meisie, Auguste Jonas, op Otjiwarongo 13 keer met ‘n mes gesteek het, is borgtog geweier.  Die moordbeskuldigde, Protasius Kuuvilwa het  voor landdros Peingondjabi Shipo in die Otjiwarongo-landdroshof verskyn. Staatsaanklaer, Eva Hamutwe het borgtog teengestaan weens die ernstige aanklag van moord en gesê dit sal nie in die belang van die publiek wees nie. Kuuvilwa het besluit om aansoek te doen vir ‘n regshulp-prokureur. Sy saak is tot 27 Junie uitgestel vir verdere polisie-ondersoek en vir hom om vir ‘n regshulp aansoek te doen.