Nog geen sonpanele op Gautengse staatsgeboue

Die DA in Gauteng sê die provinsiale infrastruktuur-befondsings-agentskap het die dak-sonpaneelprojek in die 2013/2014-boekjaar ingestel wat veronderstel was om krag van privaatsektor vennote aan te koop. Dit het bykans ‘n dekade later nog nie gebeur nie, ten spyte van die land wat onderwerp word aan maande se kragonderbrekings. Die DA-lid, Adriana Randall, sê dit is ‘n deurslaggewende projek om die stygende koste te hanteer en die land te help om sy koolstof-voetspoor te verklein.