Mbalula: Stilstande nie die oplossing vir SA se probleme

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê stilstande is nie die oplossing vir die land se probleme nie. Mbalula het die media toegespreek en beklemtoon dat dit die lewensbestaan van alle mense in Suid-Afrika bedreig. Hy sê ook dit raak hoofsaaklik arm mense in die land.