Aktivis stuur boodskap uit Seeis-selle aan jeug

Die Namibiese aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma wat weens ‘n vreedsame protes teen werkloosheid in Windhoek op Onafhanklikheidsdag in hegtenis geneem is, word by die Seeis-aanhouding selle oos van Windhoek aangehou. Daar word gerapporteer dat hulle in goeie gees en vasbeslote is om die stryd teen jeugwerkloosheid voort te sit. Hul prokureur Kadhila Amoomo het gesê hulle sal die nasie op hoogte hou van hul verskyning in die hof môre. Nauyoma het hierdie boodskap vanaf Seeis aan die jeug gehad…