IMF gee reddingsboei aan Oekraïne

Die Internasionale Monetêre Fonds het ‘n langverwagte ooreenkoms bereik waarvolgens Oekraïne ‘n hulppakket van 15 miljard dollar sal ontvang. Die reddingsboei is om die Oekraïnse ekonomie te ondersteun wat deur die Russiese inval op sy knieë gedwing is. Die IMF het onlangs ‘n regulasie gewysig wat toelaat dat lande wat buitengewoon hoë onsekerheid beleef wel lenings kan bekom.