Stadspolisie gesels oor vuurwapens, eienaars en misdaad

Die Windhoekse Stadspolisie sê die meeste vuurwapens wat deur misdadigers gebruik word, is gesteelde vuurwapens. Vuurwapen-eienaars is volgens wet veronderstel om hul vuurwapens in kluise in hul huise toe te sluit. As vuurwapens in voertuie gelos word, verhoog dit die risiko dat dit gesteel kan word. Superintendent Celie Kapolo van die stadspolisie sê die publiek kan hul vuurwapens na polisiestasies neem as hulle reis.