China ‘skrik’ vir Winnie the Pooh

‘n Britse gru-rolprent ‘Winnie the Pooh: Blood and Honey’, wat vandeesweek in Hongkong vrygestel sou word, is gekanselleer. Volgens wat berig word het Chinese owerhede ‘n verbod op die rolprent geplaas, blykbaar omdat hulle effe sensitief is vir Winnie the Pooh, wat ‘n berugte ‘meme’ geword het wat President Xi Jinping uitbeeld. En ja, jy hoor dit korrek – een van die wêreld se magtigste lande word amptelik deur ‘n lomp, heuning-etende prentjiebeer verskrik.