Putin waarsku Brittanje oor wapens

Die Russiese President Vladimir Putin waarsku sy land sal moet optree indien die Verenigde Koninkryk ammunisie met uitgeputte uraan na Oekraïne stuur. Hy het gister die uitlatings gemaak tydens sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping, se staatsbesoek aan Moskou. Ammunisie met uitgeputte uraan kan deur bomme se doppe en tenks dring. Die gebruik daarvan wek reeds lank kommer oor gesondheidsgevare weens blootstelling aan uraan. Intussen sê Xi China is onpartydig oor die konflik in Oekraïne en sy land ondersteun vrede en dialoog – iets wat die Amerikaanse owerhede verwerp.