Brent sal vanjaar teen US$80 ‘n vat verhandel

‘n Bekende ekonoom gee sy reaksie oor die Brent ruolie-prys wat tans onder druk is. Dit het met amper 12 persent verlede week teruggesak. Die prys reageer op die oomblik op die bankkrisisse in Europa en die VSA. Die Amerikaanse reserwebank sal ook na verwagting vandag sy rentekoers met 25 basispunte opstoot wat die dollar verder sal versterk en olie afdwing. Opul vergader weer op 3 April en sal na verwagting daaglikse produksie weer met twee miljoen vate daagliks verlaag. Daar is voorheen beaam dat Brent teen ongeveer 100 Amerikaanse dollar per vat die jaar sal verhandel maar dit blyk nou om nie meer van toepassing te wees nie. Die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Brent sal nie sommer bo 80 Amerikaanse dollar per vat styg nie.