Trump sê hy word vandag gearresteer

Voormalige Amerikaanse President Donald Trump kan so gou as vandag in New York formeel aangekla word omdat hy na bewering betalings aan ‘n porno-ster, Stormy Daniels, tydens sy presidensiële veldtog in 2016 gemaak het vir haar stilte oor sy verhouding met haar. Trump het op sy sosiale media platform, Truth Social, geplaas dat hy verwag om vandag gearresteer te word. Hy het ‘n beroep op sy ondersteuners gedoen om protes in Manhattan aan te teken en op te ruk om Amerika terug te vat. Maar, ‘n woordvoerder sê Trump is nie in kennis gestel van enige hangende arrestasie nie. Polisie is reeds na die gebied in die stad ontplooi. Die ondersoek sentreer op ‘n betaling van 130 000 Amerikaanse dollar wat Michael Cohen, Trump se voormalige persoonlike prokureur, aan Daniels gemaak het tydens Trump se 2016-veldtog.