Proteas moet vandag op Potch wen

Vandag se derde en laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en die Windies in Potchefstroom is ‘n moet-wen-wedstryd vir die gasheer om die reeks te kan red. Dit volg nadat die eerste wedstryd uitgereën en die besoekers ‘n oorwinning van 48 lopies in die tweede wedstryd behaal het. Die veelsydige Protea-kolwer David Miller is terug in die groep en hy het gister gesê hy hoop om ‘n indruk te maak: