Namibiërs moet self die land na voorspoed lei, sê Saara

Namibië vier vandag 33 jaar van onafhanklikheid met die amptelike herdenking op Outapi. Die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê dit is nou Namibiërs se verantwoordelikheid om die land na voorspoed te neem. Sy sê Namibiërs kan niemand anders blameer as die land nie vooruitgaan vanuit ‘n ontwikkelings-oogpunt nie. Sy deel haar onafhanklikheidsboodskap met Kosmos 94.1 Nuus.