Langste beurtkrag verligting sedert begin van die jaar

Die huidige opskorting van beurtkrag vir 29-uur in Suid-Afrika is die langste sedert die begin van die jaar. Kragonderbrekings is Maandagoggend 11-uur opgeskort tot vier-uur vanmiddag. ‘n Tydperk van 11-uur was voorheen die langste sonder beurtkrag sedert Nuwejaar. Eskom se krisiskommunikasie-bestuurder, Menzi Mngomezulu, sê die huidige opskorting is ingestel weens Maandag se laer as verwagte vraag na elektrisiteit. Die skole was gesluit en baie Suid-Afrikaners geniet ‘n langnaweek. Fase twee-beurtkrag word vanmiddag vier-uur hervat.