Chinese vredesplan vir Oekraïne bevoordeel Rusland – Blinken

Die Russiese President Vladimir Putin vergader vandag met sy Chinese eweknie, Xi Jinping in Moskou om na wat berig word ekonomiese bande tussen die lande te verstewig en om China se rol as moontlike vredemaker in die Russiese konflik in Oekraïne te bespreek. Rusland beskou die Chinese staatshoof se besoek as ‘n bewys van sy magtige vriendskap in sy stryd teen die Weste. Daar word berig die leiers sal samesprekings voer oor China se 12-punt-plan om die Oekraïne-krisis op te los en sy bande met Moskou te versterk. Terwyl Xi nog sal aandoen in die Oekraïne om die plan met President Volodymyr Zelensky te bespreek, het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, kritiek op die plan uitgespreek.