Christine en Beatrice dalk April in aksie

Atletiek Namibië het aangekondig dat die Namibiese senior nasionale baan- en veld-kampioenskappe op 14 en 15 April by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek sal plaasvind. Atlete neem deel op uitnodiging. Berthold Karumendu, ‘n koördineerder Atletiek Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus na verwagting sal die Namibiese Olimpiese naellopers Christine Mboma en Beatrice Masilingi ook sal deelneem.