Twaalf netbalspanne speel op Otjiwarongo 

Netbal: Twaalf spanne sal na verwagting meeding in die eerste been van die MTC Namibië Netbal Premierliga wat die naweek op Otjiwarongo se Paresis-stadion plaasvind. Die wenner sal met 120 000 Namibiese dollar wegstap, die naaswenner met 80 000 dollar en die span in die derde plek 60 000 dollar. Volgens Netbal Namibië se president Rebecca Goagoses is Otjiwarongo gekies sodat spanne geld met reiskostes kan spaar. Die Mighty Gunners-span is die verdedigende kampioen en sal alles in die stryd werp om hul titel te behou.