San-oupa betower Earthna-beraad in Katar

‘n Namibiese San-man, oorspronklik van Tsumkwe, Oupa Topias, het internasionale gehore by die Earthna-beraad in Katar met sy antieke vaardighede betower. Hy is ‘n ikoniese lid van die Antieke San-vaardighede Akademie van die Harnas-wildreservaat en -gastehuis en is deur mede-stigter van die N/a’an ku sê-stigting, Marlice van Vuuren vergesel. Hulle het skouers geskuur met die bekroonde bewaringskundige, Jane Goodall, die wêreld se voorste kenner van sjimpansees. Hierdie geleentheid, georganiseer deur die Katar-stigting, verteenwoordig minderheidsgroepe op ‘n internasionale platform met volhoubaarheid die sleutelfokus. Van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…