Geslags-aktivis sê Lühl-uitspraak is ‘n groot terugslag

‘n Namibiese geslags-aktivis sê die Lühl-uitspraak vandag in die hooggeregshof is ‘n groot terugslag. Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het in sy appèl geslaag teen die bevinding van die hoërhof dat die egpaar, Phillip Lühl en Guillermo Delgado se seun Yona Namibiese burgerskap moet ontvang. ‘n Volbank regters in die hooggeregshof het die beslissing gemaak. Die uitspraak dui aan dat Yona se geboorte as Namibiër, al was dit deur middel van ‘n surrogaat, moes by die Namibiese ambassade in Suid-Afrika, binne ‘n jaar geregistreer word. Linda Baumann het haar teleurstelling aan Kosmos 94.1 Nuus uitgespreek.