Ekonoom: Goud is ‘n veilige belegging  

‘n Bekende ekonoom het sy reaksie gegee op die goudprys wat vir die eerste keer in ‘n jaar tot bo 2 000 Amerikaanse dollar per fyn ons gestyg. Dit het vroeg vanoggend in Europese handel verhandel teen 2 005 dollar. Die goudprys staan nou rondom 19 dollar 70 sent. Die styging in die goudprys is hoofsaaklik weens kommer in die internasionale banksektor. Goud het in reaksie op die internasionale bankkrisis ‘n veilige hawe vir beleggers geword. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gesels waarom goud as ‘n veilige belegging beskou word..