Sewe ton ivoor in Viëtnam gekonfiskeer

Doeanebeampte in Viëtnam het beslag gelê op sewe ton ivoor wat uit Angola gesmokkel is. Dit is volgens die regering die grootste beslaglegging op wildprodukte in jare. Ivoorhandel is onwettig in Viëtnam, maar smokkelary kom wyd voor. Ander produkte wat dikwels na die land gesmokkel word sluit in ietermagô-skubbe, renosterhoring en die karkasse van tiere. Die ivoor is in ‘n vraghouer met grondboontjies gevind in die Haiphong. Verlede maand is beslag gelê op 600 kilogram ivoor in die Lach Huyen-hawe.