China beskou Afrika as belangrike landbou-vennoot

Die President van China, Xi Jinping sê landbou ontluik as die nuwe fokuspunt van Beijing se interaksie met Afrika. Daar is ‘n groot vraag na produkte uit die vasteland in China as deel van Beijing se breër strategie om te voldoen aan Xi se belofte om nie-hulpbron-invoere uit Afrika te vermeerder. China voer steeds meer voedselprodukte in, waaronder avokado’s kasjoeneute, sesamsaad en rissies uit Afrika. China voer 90 persent van die sesamsade in uit Afrikalande, wat Mali, Togo, Mosambiek, Niger, Tanzania, Etiopië en Uganda insluit.