Cele: SAPD keer geweld tydens betoging  

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê drie EFF-raadslede is onder die 87 betogers wat in hegtenis geneem is tydens die nasionale stilstand. Cele het ‘n nuuskonferensie in Soweto in Johannesburg gehou en sê die polisie is teenwoordig om te verseker geen geweld, intimidasie of plundering vind in die land plaas tydens die betoging nie. Die minister sê sake gaan soos gewoonlik aan in verskeie gebiede in die land.