Fima-sperdatum tot 31 Maart verleng

Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het die sperdatum vir die indien van kommentaar op die implementering van die omstrede Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima, tot 31 Maart uitgestel. Ipumbu Shiimi, die minister van finansies, het Fima verlede jaar uitgestel te midde van erge druk en teenkanting van verskeie belanghebbendes oor die omstrede klousule dat net 25 persent van ‘n pensioenfonds voor 55 jaar uitbetaal mag word. Die uitvoerende hoof van Namfisa, Kenneth Matomola, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…