Karibib ken ongeadverteerde tender, met net een bieër, toe
Die Tender Bulletin berig dat daar meer vrae as antwoorde is met ‘n tender vir geslotekring-televisie vir Karibib. Die munisipaliteit het nie die tender geadverteer nie en daar was net een bieër, wat die kontrak ontvang het en 63 000 Namibiese dollar daaruit sal verdien. Die publikasie sê die tender se verwysingsnommer wek ook kommer omdat die dieselfde vertoon as die tender vir die Usab-teerpad-projek, behalwe vir een letter, D. Die Usab tender is geadverteer, ook in plaaslike media en is toegeken vir net minder as 992 000 dollar.