So lyk die reën die week – en dis goeie nuus…

Die sogenaamde nimmereindigende sikloon Freddy het amok in Madagaskar, Mosambiek en Malawi gesaai en Namibië in sy goeie reënmaand van Februarie van reën beroof. Regoor Namibië het boere landwyd Sondag ‘n biddag vir reën gehou. Freddy het gelukkig gewyk en die bekende Namibiese weerkenner van Aranos, George van der Merwe, sê Namibië se weersomstandighede is uit die kritieke toestand uit.

Hy verwag dat Namibië, veral die noordelike dele, die week reën kan kry.