Een verdagte gewond, drie vas by Okahandja

Vier verdagtes sal Maandag in die Okahandja-landdroshof verskyn op aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Een van die verdagtes, ‘n 30-jarige is deur ‘n Namibiese polisie-beampte geskiet en gewond. Volgens Nampol was vyf verdagtes na bewering betrokke by die huisbraak in die uitbreiding 6-woongebied waartydens besittings van 55 000 Namibiese dollar gesteel. Die verdagtes het in ‘n Toyota Corolla-sedan met Ondangwa-registrasienommer gevlug. Die voertuig is later by ‘n huis in die Vyf Rand informele nedersetting opgemerk en deur Nampol-lede van die agternagesit. Die vyf mans het op die vlug geslaan, en ‘n polisiebeampte het ‘n waarskuwingskoot met sy pistool afgevuur, maar die verdagtes het glo aangehou hardloop. Drie ander verdagtes is in hegtenis geneem en die vyfde verdagte wat glo gewapen is, is steeds op vrye voet. Die gewonde verdagte is in ‘n stabiele toestand onder polisiebewaking in die Okahandja-staatshospitaal opgeneem.