Bheki waarsku betogers sal Maandag arresteer word

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het herhaal diegene wat die wet oortree sal Maandag in hegtenis geneem word. Hy het die polisie in Germiston, Gauteng, toegespreek tydens die beoordeling van hul gereedheid voor die EFF se nasionale stilstand. Cele sê die wet moet te alle tye nagekom word.