Waardetoevoeging, veral in mynbou, is van kritiese belang

Namibië het nog baie werk om te doen in terme van waardetoevoeging in die mynbou- en visbedryf. Dit is die mening van die plaaslike ekonoom Salomo Hei. Hy sê daarsonder kan die ekonomie nie ontwikkel nie. Namibië maak grootliks staat op belasting en tantième van mynbou wat 25 persent van die regering se inkomste uitmaak maar, die meerderheid minerale verlaat die land onverwerk. Hy voeg by dat landbou nog ‘n sektor is wat die potensiaal het om te groei en grootliks tot die land se BBP by te dra weens sy hoë arbeidsvlakke, maar dat verwerking van landbou-produkte voor uitvoere moet plaasvind. Landbouminister Calle Schlettwein het ook onlangs melding gemaak van waardetoevoeging in landbou wat in sy mening, uiters belangrik is.