Santaco verwerp EFF se stilstand-optrede, sê taxi’s sal Maandag werk

Die Suid-Afrikaanse taxi-vereniging, Santaco, beskryf die EFF se beplande nasionale stilstand Maandag as polities gemotiveerd en sê hulle sal nie deel wees van sulke optrede nie. Die EFF gaan regoor die land teen beurtkrag betoog en eis ook die bedanking van President Cyril Ramaphosa. Die hoofbestuurder van Santaco, Thabisho Molelekwa, sê hulle sal nie deel wees van enige politieke veldtog nie: