Geingob: As werklose jeug met wapens opruk…

McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, die PDM, het ná President Hage Geingob se staatsrede gesê hy het die jeug van Namibië gefaal. Die langtermyn Namibiese werkloosheidskoers van die jeug sal na verwagting vanjaar rondom 23 persent neig en 22,5 persent in 2024. Ten spyte van onlangse vordering, beklee Namibië die 117de plek uit 157 lande op die Mensekapitaal-indeks. Die toestand van die arbeidsmark, gekombineer met stadige werkskepping en lae primêre sektor-produktiwiteit, sal lei tot baie hoë werkloosheid. Venaani het aan die Geingob gevra wanneer die regering jeugwerkloosheid tot ‘n noodtoestand gaan verklaar.

Die President het só op Venaani se vraag geantwoord: