Hage: Geen sterftes weens hongersnood

In sy staatsrede het Namibiese President Hage Geingob die voedselkrisis bespreek en gesê dat daar nog geen gevalle van sterftes weens hongersnood in die land aangemeld is nie. Die land staar ‘n voedselkrisis in die gesig met stygende kos- en brandstofpryse, asook ‘n droogtejaar. Hy sê die regering fokus op voedsel en voeding-sekuriteit vir kinders en huishoudings, daarom is maatskaplike toelae vanjaar verhoog.