Moedertaal onderrig sukkel steeds met bekwame onderwysers

Ouers op Otjiwarongo kla dat hulle kinders nie in hul moedertaal, Khoekhoegowab, van graad 1 tot 3 onderrig kry nie. Die Namibiese onderwysministerie se beleid is dat in die eerste drie jaar van skool, dat leerders in hul moedertaal onderrig ontvang. Maar, die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp, sê daar is tekort aan vaardighede in verskeie tale in die land. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.