VSA-regering dreig TikTok-verbod as Chinese aandeel nie verkoop word nie

Die Amerikaanse regering dreig om TikTok te verbied indien die Chinese eienaars nie hulle aandeel in die video-toepassing verkoop nie. Die sosiale-mediamaatskappy kom toénemend onder die soeklig oor vrese dat die inligting wat dit van Amerikaanse gebruikers versamel, aan die Chinese regering en Kommunistiese Party oorhandig sal word. Die maatskappy wat TikTok besit, Beijing se ByteDance, sê ‘n gedwonge verkoop gaan nie sy datavloei of -toegang verander nie. Tot dusver het  TikTok meer as 27,61 miljard Namibiese dollar bestee aan ‘n korporatiewe herstruktureringsprogram om gebruikers se data en inligting teen Chinese invloed te beskerm.