Leclerc beboet, begin laer af die naweek

Die Formule Een-jaer van Ferrari Charles Leclerc sal Sondag in die Saoedi-Arabiese Grand Prix laer af op die lys wegspring nadat hy gestraf is. Dit volg nadat sy span ‘n bykomende elektroniese kragkomponent in sy motor moes aanbring ná die eerste wedren die seisoen in Bahrein wat hy nie kon voltooi nie. Spanne mag slegs twee elektroniese beheerkomponente per seisoen gebruik sonder om gestraf te word. Leclerc se gebruik van ‘n derde komponent vir die wedren in Jedda beteken dat hy minstens tien plekke moes inboet.