Protea-nuwelinge draf vanmiddag teen die Windies uit

Die Proteas en die Windies meet vanmiddag in Oos-Londen kragte in die eerste van drie eendagwedstryde. Die veelsydige Marco Jansen is by die gasheer se groep ingesluit vir die eerste twee kragmetings. Die reeks word as die begin van ʼn nuwe era vir Suid-Afrika beskou, onder die nuwe witbal-afrigter, Rob Walter. Die Protea-kaptein, Temba Bavuma sê hulle wil aan nuwe spelers die geleentheid gee om ervaring op te bou: