Saara bespreek voedselsekerheid by Afrika Bank-beraad

Nambiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê die nagevolge van die Covid-pandemie en die voortslepende konflikte in Europa het gelei tot skerp voedselprys-stygings wêreldwyd. Sy het tydens haar toespraak vandag by die Afrika Bank-konferensie in Johannesburg gesê die behoefte om voedselsekuriteit in Afrika te verseker, het dus uiters belangrik geword, veral gegewe die invloed op inflasie. Die premier sê met die voedselprys-skokke weens die Europese konflikte, moet landbou-innovering op die vasteland versterk en groen vaardighede opgeskaal word om voedselsekerheid en lewensbestaan te verseker.