LPM vra oor stukkende kankerlaser-behandelingsmasjien

Die Landless People’s Movement-leier, Bernadus Swartbooi, het vandag in die parlement die minister van gesondheid dr. Kalumbi Shangula gevra of die kanker-laserbehandelings-masjien by die staatshospitaal buite werking is of nie. Swartbooi noem dat hulle ingelig is dat die masjien buite werking is en nie pasiënte kan behandel nie. Hy sê die afgelope drie tot vier maande het die hospitaal glo kankerpasiënte teruggestuur huis toe.

Dr. Shangula het geantwoord dat soms wanneer mediese toerusting breek, onderdele van die buiteland ingevlieg moet word. Hy sê hy sal ondersoek instel.