SA openbare beskermer in die getuiebank

Die geskorste openbare beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, het aan die Artikel 194-komitee gesê Suid-Afrikaners sal uiteindelik uit die perd se bek hoor wanneer sy die geleentheid kry om te getuig oor haar geskiktheid om die amp te beklee. Mkhwebane het op ‘n vraag van haar regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, geantwoord en sê sy is gereed om alles in perspektief te plaas. Sy sê Suid-Afrikaners sal die geleentheid kry om self te oordeel ten spyte van ‘n negatiewe kommentaar op sommige media-platforms.