Reaksie op peiling oor geweld teen kinders – kenner sê

‘n Veteraan maatskaplike aktivis het haar reaksie gegee op die jongste Afrobarometer-peiling wat toon dat die persepsie van die voorkoms van kindermishandeling in Namibië op 47 persent vir stede bepaal is met 37 persent van respondente wat meen dit kom meer in landelike gebiede voor. Armer respondente is ook meer geneig om te glo dat kindermishandeling voorkom met 46 persent wat so sê teenoor 28 persent van welaf respondente. Meer as die helfte stedelike inwoners is ook meer geneig om fisiese geweld teen kinders aan te meld as landelike inwoners wat op 39 persent gemeet word. Maatskaplike aktivis, Rosa Namises, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit tyd is dat die wette en kinder-advokate in Namibië daadwerklik optree om kinders te beskerm.