Ondersoek na finansiële wanbestuur by Eskom word vandag oorweeg

Die parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Skoor, oorweeg vandag die opdrag vir die ondersoek na bewerings van finansiële wanbestuur by Eskom. Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, sal na verwagting gedaag word om voor die komitee te verskyn wanneer die ondersoek begin. Hy het tydens ‘n televisie-onderhoud beweer politici word verbind met kartelle wat maandeliks ‘n geraamde een-miljard-rand by die kragvoorsiener steel. Ander mense wat moontlik saam met De Ruyter sal verskyn, sluit in, uitvoerende hoofde en raadslede van Eskom, ministers en die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke.