Energy sal wel sy Australiese geveg kry

Die langverwagte geveg tussen Fillipus “Energy” Nghitumbwa teen Luke Boyd van Australië is effektief uitgestel. Dié verwikkeling het ontstaan nadat Luke Boyd Dinsdag ’n besering opgedoen het wat ’n rukkie sal neem om te genees. Die promotors is gretig om die geveg te herskeduleer sodra Boyd genees het. Nestor Tobias van die MTC Sunshine Boksakademie sê sy bokser is teleurgesteld maar, hy moet aktief bly om sy plek op die wêreld-ranglys te behou.