Sisa het N$17m van Fishcor ontvang…

Die Engelse dagblad, The Namibian, berig dat 17,5 miljoen Namibiese dollar oorbetaal is van Fishcor se bankrekening na dié van die Sisa Namandje-regsfirma, onder die vaandel van regeringsdoelwitte. Die inligting is vervat in ‘n beëdigde verklaring deur Paulus Ngalangi, Fishcor se finansiële bestuurder, wat by die Teenkorrupsie-kommissie ingedien is. Luidens die berig, is daar 15 miljoen dollar oorbetaal aan Vaino Nghipondoka, a bekende plaaslike sakeman, en Armas Amukwiyu, Swapo se streekskoördineerder in Oshikoto. Die geld moes blykbaar gebruik word vir die befondsing van regeringsprojekte wat droogteverligting insluit. Ngalangi is in 2015, kort na Fishrot-beskuldigde James Hatuikulipi as raadsvoorsitter by Fishcor aangestel is, in die pos van finansiële bestuurder aangestel en het die pos beklee tydens die beweerde Fishrot-korrupsie. Van die fondse wat na Namandje oorbetaal is, is 15 miljoen dollar in Desember 2015 en toe 2,5 miljoen dollar in Augustus 2017 oorbetaal. In sy verklaring sê Ngalangi dat die instruksies om die geld oor te betaal was mondelings aan hom gegee deur Mike Nghipunya, Fishcor se uitvoerende hoof en ook ‘n Fishrot-beskuldigde. Namandje het intussen enige bewerings van oortredings, ontken.