Brent verloor 10% in 7 dae, begin weer klim

Die prys van Brent ru-olie het in die afgelope sewe dae met 10 persent teruggesak as gevolg van vrese oor inflasie sowel as die Amerikaanse bankstelsel. Op ‘n stadium het die kommoditeit teen 77 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel, maar, Opul het sy groei-vooruitsigte vir China opwaarts aangepas en die krisis met die twee Amerikaanse banke is opgelos met beleggers wat minder senuagtig is en markte wat stabiliseer. Die prys het reeds vanoggend weer begin styg en op die oomblik verkoop ‘n vat Brent teen net meer as 78 dollar. Opul sê China se vraag na ru-olie sal vanjaar verder groei veral met die opheffing van Covid-maatreëls en die volle oopmaak van sy grense vir toerisme. Daar word berig dat Chinese raffinaderye het in die eerste twee maande van 2023 3,3 persent meer ru-olie verwerk in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.