Swakopmund wil volledige riooldienste aan gemeenskappe verskaf

Swakopmund-munisipaliteit wil sanitasie in die informele nedersettings op Swakopmund verbeter. Volgens die woordvoerder, Linda Mupupa, is die riool-netwerk en verskeie pompstasies ontwrig as gevolg van sand, klippe en ander vreemde voorwerpe wat in die riool-netwerk gestort is. Sewe sanitasie-sentrums nader voltooiing wat ‘n tydelike oplossing is terwyl gepoog word om volledige toegang tot riooldienste te verskaf, sê Mupupa aan Kosmos 94.1 Nuus.