Tik Tok dalk op Britse staatsdienswerkers se fone verbied

Die Britse regering oorweeg dit om ander lande na te volg en ook die Tik Tok-toepassing op staatsdiens-werkers se werks-fone te verbied. Westerse lande is toenemend bekommerd die uiters gewilde Chinese videodeel-toepassing kan gebruik word om pro-Beijingse standpunte te bevorder of gebruikersdata in te samel. Die VK se minister vir sekerheid Tom Tugendhat het die land se Nasionale Kuberveiligheidsentrum versoek om die potensiaal vir kuberaanvalle deur die gebruik van Tik Tok te ondersoek, terwyl Tik Tok die Weste daarvan beskuldig dat hy op ‘n dwaalspoor is.