Marshal Rangers wil lewensreddingsdiens by die kus stig

Die Namibian Marshal Rangers het saamgespan om ‘n lewensreddingsdiens by die kusgebied te begin, ten einde beskikbaar te wees om lede van die publiek te by te staan wat die see besoek en nie kan swem nie. Dit kom ná die Desember-vakansieseisoen toe twee mense verdrink het en nog ‘n geval van ‘n man wat verlede week in Swakopmund verdrink het. Die stigter van die groep, Sean Naude, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.