Eerste dag van skoolregistrasies in die Wes-Kaap loop oop

Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê die eerste dag van die 2024-toelatingsproses het baie goed verloop, met 15 843 leerders wat gedurende die eerste 24-uur aansoek gedoen het. Hy sê met die ouers wat by meer as een skool aansoek doen, is die algehele aantal individuele aansoeke wat op die eerste dag van die aansoek-tydperk ontvang is, 54 910. Maynier sê dit is meer as 12 000 meer as wat die departement verlede jaar op die eerste dag ontvang het: