Goewerneur sê hulle is gereed vir, en gewoond aan, Zambezi-vloede

Die Hidrologiese Diens van Namibië se vloedbulletin dui daarop dat die Zambezirivier by Katima Mulilo geleidelik besig is om te sak, maar watervlakke bly steeds hoog op 4,94 meter. Die vloedwater druk in die verre oostelike vloedvlaktes van die Zambezi-streek in. Hoë vloedwaarskuwings en gereedheid word aangeraai vir die oostelike Zambezi-vloedvlaktes weens goeie reënval-ontwikkeling in die stroom-op deel van die Zambezi-opvangsgebied. Kosmos 94.1 Nuus het oor die jongste met die Zambezi-streekgoewerneur, Lawrence Sampofu, gesels.